Verified Reviews
Wild Frontier
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Wild Frontier
Rated 4.6 out of 5 based on 3542 reviews.
"Marlothpark is die ideale bestemming vir enige natuur liefhebber. Marlothpark se munisipale dienste is egter baie swak. Vuilisverwydering traag. Paaie en stormwater infrastruktuur baie swak."
"Ons het Marlothpark vreeslik geniet, maar hulle paaie is net rof! Maar dis maar die bos."
"Die paaie is werklik baie sleg! Dit is reënseisoen, maar dit raak by sekere plekke amper onmoontlik om 'n sleepwaentjie deur te ry. Die waterpark was 'n baie slegte ervaring. Dit was baie beknop en peperduur vir wat mens kry. Die groot glybane maak ook seer wanneer mens daar afgly en die kinders het almal merke op gehad. Die diens is ook baie onvriendelik en die dame ongeskik. Sal vir seker nie weer daarheen gaan nie."
"Daar is nie baie om in die park te doen nie, maar dis so naby aan die Krugerwildtuin wat dit 'n goeie opsie maak."
"Marlothpark was my voorkeur plek vir vakansies die laaste paar jaar. Al probleem wat ek persoonlik het, is dat daar in die laaste tyd baie meer huise gebou word, so daar is baie meer huise wat reg langs mekaar is waar mens die bos ervaring verloor. As die park besiger raak, sit mens ook baie keer met kinders se geraas en bure wat raas en party plekke is so naby mekaar dat jy heeltyd op jou bure afkyk wat dit laat voel asof jy nie privaatheid het nie en ook dat dit die diere baie kere verjaag."
"Gerieflik naby aan wildtuin, maar met die diere wat so naby aan die huisies beweeg, is dit amper nie eens nodig nie. Ons het Marloth Park nog elke keer baie geniet."
"Marloth Park is a beautiful place to relax and unwind in nature with everything that you'll need, be it fuel for your car, grocery stores and adventure parks, but most importantly animals and nature. Enjoyed my experience."
"Baie lekker plek om te wees en ons het dit baie geniet om rond te ry, maar maak net seker jy kry die regte plek om te bly en dat alles daar werk. Marlothpark self was uitstekend."
"Repair roads will be good - otherwise all good. I can't wait to go there again."
"Marlothpark is 'n baie gewilde area en het baie potensiaal. Dit was ons eerste keer daar en dit was vir ons baie lekker gewees. Sal beslis weer daar gaan bly. Baie dankie."
"Baie lekker gekuier in die rustige natuur, so baie diere gesien hier om die huisie dit was fantasties"
"Marlothpark het baie besig geword en die mense respekteer nie die wild nie. Ons het 'snares' in die veld gekry en veiligheid in die park word 'n probleem. Daar's bouers heeldag. Die huise is naby aan die pad en 'n mens hoor ongelukkig die heeltyd karre. Daar is nie "bos" nie want daar's te veel huise. Daar's sekuriteit om elke draai."