Verified Reviews
Amanzimtoti
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Amanzimtoti
Rated 4.5 out of 5 based on 980 reviews.
"Doonside is baie sentraal gelee. Jy het toegang na pragtige strande en inkopiesentrums. Dis ook net 25 minute van Durban af as jy daar besigheid moet doen."
"Ongelukkig is die area waar die eenheid geleë is nie in 'n baie goeie area nie. Die nagtelike bedrywighede voor in die straat is maar baie verdag. Ek glo nie dit sal gepas wees om na sonsonder na die naby geleë winkelsentrum te stap nie. Galleria Mall is definitief die moeite werd om jou inkopies by te doen of sommer net om lekker te gaan smul aan ietsie by vele restaurante met n pragtige see uitsig."
"Baie lekker strand en "tidal pool". Kan dalk meer lewensredders te sien kry."
"Baie mooi area, goed geleë en naby alles wat jy nodig het. Loopafstand van strand en winkels af."
"Lekker plek vir vakansie. Sal eerder hier boek vir vakansie as Durban self. Naby strand, eetplekke en winkels."
"Ja beslis elke keer as ons daar vakansie gaan hou het was daar baie mense. Meeste van die woonstelle is vol bespreek maw dit is 'n uitstekende vakansieplek.Daar is ook baie uiteetplekke en baie winkelsentrums."
"Warner Beach is al vir baie jare 'n baie gewilde vakansiebestemming. Daardie hele omgewing is baie gewild met vakansiegangers en "locals". (Ook naby genoeg aan Durban en al die aantreklikhede wat dit bied.)"
"Warner Beach was lovely. The beach was great until some "sangomas" came and /buried some dead chickens on the beach. This ruined it just a little for me, we had to make sure we stayed upwind from them. I was also sad to see the swimming pool on the beach with palisade fencing and locked. I grew up in Toti and that area is like home to me, so loved being back there. The little coffee shop at the Checkers centre right there where we had brunch was lovely. The food was great and the lady who served us was great and made us feel right at home. All in all our weekend was great."