Verified Reviews
Wild Frontier
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Wild Frontier
Rated 4.6 out of 5 based on 3542 reviews.
"Ons het die kuier geniet, dankbaar vir die nuwe waterpark. Sommige kostes van produkte in winkels is net buitensporig duur."
"Ek hou van die winkelsentrum wat naby die die huis geleë is. Jy het alles wat jy nodig het."
"Was very busy due to the long weekend. Enjoyed it much more previously when it wasn't so crowded."
"Paaie het ietwat ageruit gegaan in die laaste 2 jaar. Hier en daar verspoel en grond erosie is erg. Was op sekere plekke nie te maklik vir ons met 'n SUV nie so ek dink vir 'n gewone motor sal dit nog meer van 'n uitdaging wees. Daar was ook 'n hele paar groot gapings in die lyndraad tussen Marloth en die Kruger Park. Andersins bly die park 'n fees om te besoek."
"Buite seisoen is dit lekker stil, maar vakansietyd bietjie besig. So kies maar die regte tyd om te gaan."
"Hulle kan dalk werk aan hulle sekuriteit by die hekke, om meer paraat en konsekwent te wees. Die sekuriteit in hul bakkie moet asseblief aangespreek word oor hulle in die aande so jaag op die paaie en nie eintlik bedagsaam is met toeriste of diere op die paaie nie."
"I would like to suggest that Nkomazi Municipality be informed that attention must be paid to the state of some of the roads. We were fortunate in owning a 4X4, but not everyone does. It is the municipality's duty as they receive rates and taxes."
"Mal oor Marloth, maar brei nou te veel uit met moderne huise wat nie meer by bosgevoel inpas nie."
"Vullisberging en -verwydering is 'n probleem en grondpaaie word nie instandgehou nie. Diere is amazing en ongelooflik mak."
"Baie goed geleë. Huisies is verspreid en letterlik in die bos wat goed is vir privaatheid, maar kan ook gevoel van afsondering en onveiligheid skep."
"In Marlothpark kry jy alles wat jy nodig het en die rustigheid van die bos is altyd 'n bonus!"
"Marlothpark is ongelooflik besonders. Dit verleen 'n unieke bosveldervaring, maar met moderne geriewe beskikbaar reg in die park."
"Marlothpark is heerlik en naby genoeg om maklik die wildtuin te besoek vir die dag. Ek kan wel noem dat die omgewing nie rolstoel vriendelik is nie - dis feitlik onmoontlik om met 'n rolstoel te gaan stap weens die sand en klipperige paaie. As jy 'n gestremde persoon in jou groep het, is dit beslis 'n uitdaging."
"Bly altyd 'n wenner in die winter, met baie aangename sonskyndae en baie wild om te sien. Stel nooit teleur nie. Heerlike rusplek, waar goeie dissipline gehandhaaf word. Mens voel altyd rustig en veilig daar."